'n Foto van 'n brand met die Titel Guy Gawkes Day in swart

GUY FAWKES 2018

'n Foto van 'n verwoestende brand met die die titel Guy Fawkes Day daarop geskryf
Guy Fawkes, vuurwerke en vermaak of rampokkers en kwaaddoeners wat ons diere martel?

Voordat ons vanaand nou weer lustig klappers en vuurwerke afskiet en die hele wêreld se diere onder die beddens indryf, kom ons dink vir een oomblik waaroor Guy Fawkes handel en wat ons daarvan kan leer. Want daar is ‘n hele paar ooreenkomste.

Die Engeland van koning James I was nie ‘n baie rustige plek nie. Dit het nog voortgebeur op die laaste dryfkrag van koningin Elizabeth se “Goue Era”, maar die vlak van korrupsie en onderdrukking van die minderheid was enorm. Net soos wat Suid-Afrika vir ‘n tydperk na 1994 kon voortgaan en die ekonomie selfs verbeter omdat die kundigheid en ervaring van die vorige bedeling nog daar was, kon koning James ook sy regering vir ‘n rukkie lank aan die gang hou met die manne wat sy voorganger op haar troon gehou het.

Maar toe begin die nepotisme en die ondermynery en die korrupsie en die verswakte ekonomie. En iemand moes blameer word daarvoor. Die maklikste uitweg is om die minderheidsgroep in die land te blameer. Ondanks die feit dat James se ma, Maria van Skotland wat later deur Elizabeth onthoof is, self ‘n Katolieke vorstin was, het James die Protestantse geloof aangeneem ter wille van die welvaart en roem wat die Engelse troon hom sou bied. En nou draai hy en sy raadgewers teen die Katolieke minderheid in die land. Binne ‘n paar maande kon niemand mekaar meer vertrou nie.

Die vervolging van die Katolieke gelowiges was skrikwekkend. Openbare vertonings van verbranding op die brandstapel, van mense wat oopgesny en gemartel word, van vroue en kinders wat aan bome opgehang word omdat hulle godsdienstige byeenkomste bygewoon het was algemeen.

In Suid-Afrika sit ons self met die geval waar die minderheid blameer word vir elke ellende wat deur die swak en korrupte regering tot wasdom kom.

'n Uibeelding van die gesprekke tussen Guido- of soos hy vandag bekend is, Guy Fawkes en sy mede samesweerders
‘n Uibeelding van die gesprekke tussen Guido- of soos hy vandag bekend is, Guy Fawkes en sy mede samesweerders

Dit is onder hierdie omstandighede dat 13 samesweerders ‘n stoorkamer onder die Parlementsgebou huur, dit volmaak met vaatjies buskruit en ene Guido (Guy) Fawkes met ‘n tonteldoos daar laat sit om die volgende dag die Parlementsitting van die Lords en die Koning die lug in te blaas! Hulle wil die troon gee aan die koning se derde dogter, Elizabeth, wat neig na die Katolieke geloof.

'n Uitbeelding van Guy Fawkes wat 'n faatjie buskruit skuif.
‘n Uitbeelding van Guy Fawkes wat ‘n faatjie buskruit skuif.

Dit sou kon werk, as daar nie ‘n verraaier onder hulle was nie. Lord Monteagle, die broer van een van die samesweerders se vrou, kry ‘n naamlose brief om hom te waarsku om nie die volgende dag parlement toe te gaan nie. Hy waarsku die koning, dié sit met sy lyfwagte af Parlement toe en deursoek die hele kompleks. En hulle betrap Fawkes tussen die klomp buskruit met sy tonteldoos.

Dit is 5 November 1605.

Hoef ons verder uit te brei oor die beweging van verraaiers onder ons? Mense wat skaamteloos die welstand van ‘n volk sal ondermyn vir eie belang. Meestal hulle wat hulself as leiersfigure voordoen, helaas….

Die uitkoms van die verhoor van 8 van die 13 samesweerders was ‘n gegewe. Hulle is gehang en gevierendeel en onthoof waarna die koppe op pale geplant is as waarskuwing dat niemand die owerheid mag teëgaan nie.

Wanneer jy vanaand jou klappers skiet, doen dit dan nie in herdenking aan Fawkes of enige ander nie…doen dit ter wille van jou eie mense wat hulleself blootstel en hulle lewe en Vryheid in gevaar stel vir die regte van hierdie klein minderheid mense aan die suidpunt van Afrika.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.