'n Kaart wat die Europese lande wat begin regs neig uitbeeld

HOE VER REGS IS DIE WESTERSE WÊRELD AL?

Die goeie vordering wat die regse nasionaliste in die Sweedse verkiesing gemaak het, volg kort op ‘n opwindende Italiaanse verkiesing en heelwat sterk regse golwe oor die afgelope jaar of twee elders ter wêreld.

Die politieke gety in die wêreld het regs gedraai. En daarom is die wêreld toenemend besig om met ‘n frons te kyk na wat in Suid-Afrika aan die gebeur is. Vir drie eeue is Suid-Afrika as beskou as deel van die Westerse wêreld en derhalwe het hy in die jare 70 en 80 die weeskind van die familie geword, omdat hy regs was en hulle almal links.

Nou gebeur presies die teenoorgestelde. Die omstrede beleidsaankondigings van Ramaphosa oor grondonteiening en geluide oor nasionalisering van die Reserwebank is elemente van ver-linkse kommunisme. En die wêreld is radikaal aan die standpunt inneem teen sulke beleide.

Soos wat die tyd verby gaan sal Suid-Afrika toenemend weer geisoleerd raak van die wêreldgees. Die opmars van regse, konserwatiewe nasionalisme is nie net ‘n Westerse gier nie. Regse partye is deesdae verteenwoordig in Parlemente dwarsdeur die wêreld. Europa is egter die interessante voorbeeld van presies hoe ver die regse gety reeds gevorder het.

Op die aangehegte kaart kan ons dit baie duidelik sien.

Die lande wat in ligblou aangedui word, is lande waar regse (en heel dikwels ver-regse) partye setels in die Parlement het. Die middelblou lande is lande waar regse en ver-regse partye deel van die regerende koalisie vorm. Die twee donkerblou lande is waar ver-regse partye regeer.

Frankryk, België, Nederland, Luxemburg, Duitsland, Denemarke, Swede, Litaue, Rusland, die Ukraine, Slowakye, Kroasië en die Tsjeggiese Republiek het almal sterk regse opposisie in die Parlement.

In Noorweë, Finland, Letland, Switserland, Oostenryk. Slowenië, Griekeland, Bulgarye en Italië is die regse en ver-regse partye deel van die regerende koalisie en in talle gevalle ministers in die kabinet. Die ver-regse Matteo Salvini is bv vise- Eerste Minister van Italië.

Pole en Hongarye is die twee lande waar die ver-regse partye aan bewind is en waar hulle steun by die dag groei.

Ons sal moet besef dat hierdie tendens nie binnekort gaan verander nie. Namate die krisisse van die Europese Unie ten opsigte van immigrasie en ekonomiese uitdagings toeneem, gaan die lande van Europa verder regs swaai. En dit sal ons beinvloed, want as ons voortgaan om die linkse beweging in Suid-Afrika, soos verteenwoordig deur die DA, Cope, IVP as gematigd links en die ANC / EFF as ultra-links te ondersteun, gaan ons saam met hulle uit pas raak met wat die tydgees van hierdie eeu geword het.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.