'n Foto van Ernst Roets, adjunk hoof van die burgerregte organisasie Afriforum tydens sy voorlegiing aan die parlementêre portefeulje komitee in sake gront onteiening sonder vergoeding

DIT LAAT ‘N MENS SKAAM KRY

Die beste geleentheid vir enige Parlementêre politieke party om te bewys dat hy die belange van die blanke in Suid-Afrika op die hart dra, is hierdie week se voorleggings oor die beoogde onteieningswet in die Parlement en elkeen van die Parlementêre partye se geleentheid om daarop te reageer.

In dieselfde ou Volksraadsaal waar dr Verwoerd gister 52 jaar gelede vermoor is, het Ernst Roets van Afriforum ‘n sterk bewoorde, met bewyse en deur feite gestubstansieerde, voorlegging gedoen. Hy het die Kommunistiese agenda van die ANC/EFF uitgewys, beklemtoon dat grond nooit deur wittes gesteel is nie, maar deur ooreenkomste en verdrae en besetting van onbenutte grond bekom is en uiteindelik heeltemaal korrek daarop gewys dat Parlementslede dronk is van ideologie wat geskoei is op rassehaat.

‘n Mens kan nie anders as om vanoggend vir Ernst Roets die dank en erkenning te gee wat hy verdien nie. Hierdie dinge moes gesê word en dit moes gehoor word.

Dis die reaksie van die Parlementêre politieke partye wat ‘n mens laat skaam kry. Nie van die opposisie nie, nee, hulle het ewe sterk terug gekap en hulle saak gestel. Dis dié wat daar sit en voorgee om ONS kant te verdedig wat gister laakbaar gefaal het!

Die ANC het onmiddelik reageer deur Roets daarvan te beskuldig dat hy swartes haat en dat sy haat vir die ANC en EFF sy denke oorheers. Dis maar die geykte ou retoriek van 25 jaar – “Julle haat ons omdat ons swart is, sies, julle rassiste!” Roets is verder van arrogansie beskuldig. Die UDM van Bantu Holomisa het gesê dat Afriforum die land na ‘n staat van oorlog wil neem en dat blankes die harte van swartes verhard. Hulle sê dat hulle na die voorlegging oorweeg om die ANC en EFF te steun in die onteieningsplan.

Die IVP van Buthelezi het heftig op Ernst Roets se voorlegging reageer en gesê dat dit berus op woede eerder as feite. Daarna het die IVP uitgestap.

Die EFF het, tipies, teruggeval op geykte retoriek oor gesteelde grond en vermoorde swartes en gesê dat hulle gereed is vir oorlog as Afrikanerrassiste uit Pretoria dit wil hê.

Die reaksie van die partye wat sê dat hulle blanke belange beskerm was van nul en gener waarde.

• COPE – nadat Cope die afgelope maande na blanke stemme vry in ‘n pragmatiese politieke foefie wat ‘n mens laat dink aan ‘n ou oom wat die jong verpleegsters in die hospitaal met sy loopraam jaag, het jy verwag dat hulle ten minste Roets se voorlegging sou steun. Die beste waarmee hulle kon kom was: “Het jy enige ander oplossing om aan die hand te doen as onteiening?”
• Die DA het gewoon gesê dat hulle hulself van die voorlegging distansieer, wat nie verbasend is nie – dit is mos nie in pas met hulle nuwe beleid om “wit bevoorregting” te beveg nie.
• Die ACDP was die mees uitgesproke – TEEN Roets se voorlegging. Hulle sê wat Roets daar gesê het is nie ‘n positiewe bydrae tot nasiebou en getuig van arrogansie. 
• Die VF+ het gedoen wat hulle al vir 25 jaar doen wanneer hulle standpunt moet inneem en dit lyk asof dit nie ‘n gewilde standpunt kan wees nie. Hulle het aangedui dat hulle niks wil sê nie. Wat ‘n skitterende geleentheid om Roets te steun, die feite wat hy genoem het te bekragtig en te sê: Ons staan hier vir ons witmense se belange. Maar die VF+ sê hulle het niks te sê nie,

Dit laat ‘n mens waaragtig skaam kry! Ernst Roets en die Afrikanerdom is gister openlik verraai deur dieselfde mense wat voorgee om hulle politieke beskermers te wees. Dis veragtelik.

Front Nasionaal sê: Roets het kaalkop die waarheid gepraat en ons stem saam met hom.

Front Nasionaal sê: Gister het vir ons opnuut gewys dat die Parlement vol nuttelose partye is wat van verkiesing na verkiesing daar sit en teer op die vertroue van die kiesers, en wanneer hulle moet praat en ondersteun, vra hulle half onbeholpe of daar ‘n alternatiewe plan is, of hulle bly stil!

Front Nasionaal sê: Vergeet van daardie hopelose besigheid. Niks gaan verander so lank as wat hulle daar sit nie. Stem vir selfbeskikking sodat ons by daardie Parlement kan instap, die onaangename deel kan afhandel en daar uitstap vir altyd. Dis al wat vir ons kan werk.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.